Kamp kos vir die kamp vuur.

Pannekoek, plaatkoekies, wafels en warm sjokolade, klaar gemeng in ’n bottel. Voeg net water by.

Bestel nou Betaal per EFT · Pudo-kluis aflewering landwyd, of afhaal
Warm Sjokolade sakkie en 'n enemmelbeker langs 'n brandende kampvuur in die bosveld

Hoeveel keer het die wind al jou meel gevat?

Meel afmeet op ’n kamptafel, vyf bestanddele wat elkeen ’n plek in die bakkie soek, en ná ontbyt ’n mengbak wat in yskoue water gewas moet word. Óf: een bottel, water by, skud, bak. Dis die hele operasie.

Ons kos klink soos kampuitrusting. Dis die punt.

Elke bottel op die rak dra ’n kampnaam. Soek jy die produk in die winkel, staan die gewone naam in hakies langsaan.

  • SlaapsakkePannekoek, opgerol soos ’n slaapsak.
  • Opblaas-matrassiesPlaatkoekies, die hele Plaatkoekie Mengsel-reeks.
  • Roomys GrondseileWafels, plat en geruit soos ’n grondseil, bedien met roomys.
  • TentpenneDie soetste soettand by die kamp.

Hoe dit werk

  1. Bestel aanlyn

    Kies jou mengsels en betaal per EFT. Die bankbesonderhede kom saam met jou bestelling.

  2. Pudo-kluis of afhaal

    Sodra jou betaling reflekteer, stuur ons landwyd na ’n Pudo-kluis naby jou, of jy kom haal dit af.

  3. Voeg water by

    Skud die bottel, bak, en sit aan. Geniet!

Great produk? Maklik gerieflik en heerlik!!

★★★★★ Ruan oor Tentpenne, 5/5 uit 2 resensies, 14 September 2023

Die naweek kom. Die kos is klaar gemeng.

Bestel voor jou volgende trip, of vir ’n gewone Saterdagoggend by die huis. Water by is al wat oorbly.

Bestel nou